Jongste aktiwiteit:

My binneself

My binneself

Ek en jy, my binneself, baklei dikstukke
ek weet nie of ek kom of gaan
soms los jy my in my verwarde bestaan
dis dan wanneer my geliefdes dink ek het nukke.

Soms sukkel ek om die kokkerot op die boot te hou
nou en dan foeter hy in die water
en los alle denkvaardigheid tot later
dan spartel ek om te onthou.

My koppie raas soos ‘n bynes
soveel dinge om gelyk te weet
breintreinspore kriskras na stasie vergeet
dan slaan binneself my uit vir ‘n ses.

Soms kan ons ure gesels oor dit of dat
die omstanders kyk my snaaks aan
niemand kan verstaan
jy hou my eintlik op die regte pad.

Ek dink nou net hardop
ek en jy sal nooit kan skei
want dan sal ek alleen moet ly
tog is dit al manier hoe die stemme in my kop sal stop.

C Diederiks ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed