onthou jy
jy wat by die see was
onthou jy die geluid
van branders wat breek
van meeue wat veraf roep
skulpies wat saggies kletter
wanneer dit uitspoel op strand
onthou jy die soel oggend lug
winde wat straf en swiep
wat wit perdekoppe
op branders jaag
onthou jy nog
soutsmaak
op jou lippe
na jy regop kom
uit die branders
bly dit jou by
tot jy weer
hier kom
.
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.