Jongste aktiwiteit:

Ontsluit die poort na jou hart (Silwer)

O, beminde van my …
ontsluit die poort na jou hart,
lei my oor blaarbedekte voetpad
weg van sinlose liefdesmart.

Ontbos die toegerankte skanse,
sodat jou oog weer opwaarts gly
oopbars deur loofkruin,
na hitte van die son.

My versugting resoneer klankloos
deur ons liefdestuin se windstiltes,
slinger na vasklou om verdorde takke,
waar my beminde in afsondering rus.

In die binnetuin van my geliefde
spens volgsame beloftes
wat vlamlelie en geur met jasmyn
om die verdwaal in my te laat kwyn.

©Driekie Grobler




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak