Jongste aktiwiteit:

Lewe Is Kosbaar

Lewe Is Kosbaar

Lewe is kosbaar op enige ouderdom
maar is nooit veilig nie almal vlug vir iets – – –
Die pragtige bokkie in die veld wei onrustig
en kyk kort-kort op en bespied die omgewing
vir ‘n roofdier in die langgras of jagter in die
verte met sy langafstand dodelike koeël en
voëltjies onrustig pik en kyk rond, pik en kyk rond – – –
Olifant se kosbare ivoor en
renoster se nuttelose medisynehoring
maak hulle slagoffers van sluwe stropers.
Alles , tot die kleinste goggas vlug en
die mens met meerdere verstand
vermoor sy eie spesie verbaal of fisies en
so bly ons agter slot en grendel en diere
in hulle skuilings die een die prooi van die
ander en totdat eendag wolf by die lam lê
bly ons uit mekaar se pad want
die een leef op die ander – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed