Jongste aktiwiteit:

persepsie

 

 

hoe jy voel

wat in jou kop aangaan

meer gedagtes, minder drome

jou jeug se voortvarendheid

kom telkens op in jou hart

die wil wat daar was

teenoor die weg

wat soms net

weg is

 

op dertig

word jy mondig

na veertig bou jy nog

aan jou eie koninkryk

by die halfeeu verby

begin jou wil toe

die kan verbyaan

kom hernude

voornemes

 

toe sestig kom

begin jy meerderwaardig

op reis gaan en begin jy vertel

van al jou aardse skredes

van suksesse en die val

by sewentig raak jy

angstig en begin

gedagtes jou

lyf wantrou

 

tagtig is ‘n mooi jaar

dan begin jy al wonder

hoeveel maande dan nog

die ou velle wat verrimpeld

aan jou arms en bene hang

vertel jou lewensbaan-storie

al wil jy, kan jy nie meer

mik jy met ‘n sug

dalk negentig

 

elke ervaring

goed of kwaad

is ‘n filter in jou

filtreer jou begrip

dit vorm jou

persepsie

van wie

en waar

jy is

 

© Tearlach.

 

 

 

 




Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword