Jongste aktiwiteit:

versugting

 

 

te lank die onskuldige bloed wat vloei

 

wie wag op wêreld se simpatie

sal bedroë staan en wag

wêreldlinge bly boos

onderliggend is hul

sonder gevoel

sonder gewete

slegter af as

diere

 

vir boosheid om te slaag, moet daar net genoeg ontkenning wees

 

hoe lank nog – o, grote, gaan jou kop in die sand weglê

jou gewete self-onderdrukkend stil wees

jou self-trosing jou ego kan troos

jou verontskuldiging heers

oor onskuldige bloed

wat daagliks

gestort

word

 

hoe lank nog voor die kreet: alles is volbring

 

terwyl Sy skape in distels en dorings wei

verheug die vetste van die land

hulself oor al die geluk

wat hulle nou tref

verskreeu hulle

alle weerstand

bloeddorstige

slagspreuke

weergalm

 

alomteenwoordig, almagtig en genadig is Hy – vreeslik Sy toorn

 

twee keer sal die wit strydros verskyn

telkens sal die sens bloedig swaai

totdat die wêreld himself verraai

 

© Tearlach.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed