Winterwens (Goud)
Ek pak vir jou ‘n kaggelvuur
van wingerdhout en dennekeël,
vleg ‘n repie van die son se geel
en die rooigoud van laatherfs se kleur
so skelmpies daardeur,
ek wens jou ‘n glühweinseisoen
kwistig ge-troosspesery met
sitrusgeur en pypkaneel,
en iemand om die snoesigheid
héél winter mee te deel!
©️Elize Kruger
28 April 2023
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Dit is so so mooi. Die beelde wat jy skep is besonders.