Jongste aktiwiteit:

Ek dink (Opdrag 8)

Nimfoleptiese digvorm

Die Nimfoleptiese digvorm het in die digtershart ontstaan. Spesifiek in die geskiedkundige dorpie Wellington in ongeveer 2014. Die dorp is ryk aan skrywers uit alle era’s en almal met uiteenlopende agtergronde. Tussen Breyten en Adam se stemme moet die digter dink en skryf oor iets wat sy muse aanhits. Caren Kearley het hierdie nimfoleptiese versvorm ingespan om uitdrukking te gee aan haar natuurlike drang om te dig. Die tema is om ‘n buitensporige geesdrif of begeerte vir die onbereikbare in die stylvorm te beskryf, wat die leser emosioneel aanraak. Die titel van die gedig moet wees: “Ek dink.” Dit moet intertekstueel handel oor die digter se begeerte om te skryf, mag nie meer as twaalf versreëls hê nie en die eerste en laaste vers moet presies dieselfde wees. In versreël nommer 8 moet die nimfoleptiese gedagte verwoord word, met ander woorde, die onbereikbare moet beskryf word.

Ek dink

Ek dink net wilde woorde uit
elke uur van die dag
soos prentjies teen die muur
met snot en trane besmeer
die varnish-laag lê binne;
die titels hang in kringe
waar hul dink hul hoort
(en mense lees dit)
terwyl vismotte gate vreet
deur gedagtes en gedaantes
van toentertyd tot hier, en
ek dink net wilde woorde uit.

© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed