In elke oogknip – Opdrag 8
OPDRAG 8: SKEP JOU EIE DIGVORM!
Premise en afleiding digvorm
1. Die gedigte is gewoonlik in vryevers maar kan ook in rym geskryf word.
2. Die eerste deel van die gedig beskryf een of meer premises wat veband hou met mekaar.
3. Die tweede deel van die gedig kom tot ‘n afleiding/slotsom wat op die voorafgaande premises gebasseer is.
4. Die twee dele van die gedig word gewoonlik deur tipografie geskei maar kan ook deur ‘n strofebreuk geskei word.
In elke oogknip
gister het bolseil weggevaar
môre lê en wag soos ‘n kat
en vandag vloei soos water
teen kranse af in valle
van oggendblou en middagmos
elke oomblik
leef momenteel
in ‘n oogknip
van druppelblink wat
v
a
l
skielik spat en dan
in die vergetelheid
van gister se verbyvaart
onder herinneringbranders verdrink
terwyl hierdie volgende oomblik leef
momenteel leef
in elke oogknip
© Grootvissie
2018
6 Kommentare
-
Viooltjie
Goeie gedig, Christo :-)
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Caren Kearley
Aitsa, kyk nou vir jou. Dis regtig baie goed gedoen.
-
Loretta Szikra
n Prag skepping.
-
Elroux
Pragtige gedig en skepping.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig gedoen Christo.