Vuurwarm hekke (Opdrag 8)
Ikonografiese song-satire
Die lirieke van ‘n bestaande song (of lied, liedjie) vorm die basis van die ikonografiese song-satire. Die satiriese weergawe moet dieselfde tema weerspieël, maar mag nie die oorspronklike lirieke direk gebruik of aanhaal nie. Dit kan kommentaar lewer op die tema of die tema bevestig of selfs weerspreek. Dit is nie ‘n parodie nie, maar het ‘n ernstige of aktivistiese strekking.
Die ikonografiese song-satire het dieselfde ritme en ‘n soortgelyke (gewoonlik vaste) rymskema as die song, sodat dit op dieselfde toonsetting gesing kan word. Daar is nie ‘n vasgestelde lengte nie, maar dit moet min of meer ooreenstem met die oorspronklike vers.
Ikonografiese en tipografiese elemente soos wit spasie, uitligging, woordbeelde, silhoeëtte, ens. moet sigbaar funksioneel ingespan word en bydra tot die interpretasie of betekenis van die gedig en dus nie net visueel aantreklik wees nie.
Ten minste twee verwysings moet kommentaar vanuit die sosiale, historiese, ekonomiese, politiese, sielkundige of ander kontekste na die gedig oordra om die inhoud se impak en betekenis te bevestig en uit te brei. Dit moet ook aanpas by die verwysingsraamwerk van die oorspronklike lirieke.
Gedig:
deure na vryheid staan wawyd oop
mens kan in vrede daarheen loop
dit is ‘n vlugkans na die vry
forte van hoop globaal versprei
Refrein:
Alcatraz Camp 22
Robbeneiland La Sabaneta
Auschwitz Dachau Kwanliso
Buchenwald Siberia
daar is ‘n tronk waarin ‘n mens bly
daar’s ‘n klein hoekie waar jy ly
in ‘n oranje pak gevang
is jy selfs vir jou skaduwee bang
(herhaal refrein)
kan ‘n siel sweef dwarsdeur ‘n muur
na ‘n plek net beter as hier
dit sal daar te wonderlik wees
‘n wyd-oop C-max vir jou gees
(herhaal refrein)
daar’s geen kamers of gange van goud
alles is vuil en dit is koud
maar soveel ruimer is ‘n sel
as die lewe binne jou vel
©Charleine Collins 29 Augustus 2018
9 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Loretta Szikra
Uniek en heeltemal uit die box. Goeie werk!
-

Elroux
WOW! Goed gedoen Charleine
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Unieke skepping Charleine!