Die ek
Uit my veilige verpakking is ek gedwing
in hierdie wreed besoedelde wêreld in.
Om te wees wat ander wil hê
En te leef soos almal my sê.
Is ek geken in hierdie saak?
In dinge wat ook my sou raak?
Het jul gevra wat ek wil hê?
Het jul gedink aan wat ek sou sê?
Is ek gevra wat sou gebeur,
sou ek kon sê wat ek wou keer.
Maar nou is dit te laat
en ek aanvaar dit net gelaat.
Dit is wat ek nou graag wil hê
en niemand anders het ʼn sê.
Dit is dié ek, en ek alleen
wat geluk op my alleen laat reën.
2 Kommentare
-
Anze
geluk begin by jouself, pragtig gepen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Wie bepaal wat ek doen? As mens tot die begrip ,eie-ek' deurgedring het, is dit 'n groot voorsprong. Dis nie maklik nie - en jou uiteensetting is heel bevredigend. Goed so! Dankie. GvT