Jongste aktiwiteit:

Die Seder

‘n Trotse Seder

Ek is ‘n trotse seder
van die Libanon
uit die geslag van
naaldboom of pynboom,
van die bome adelstand—-
Koninklik fier my gespitste top
wat agtien meter hoog
hemelwaarts uittroon,
‘n vermanende vinger
wat arrogansie teregwys
onthou ek was die dakspar
in Salomo se tempel, die
uitverkore timmerhout,
as pynboom dalk Sy kruis?
Elke vooraanstaande
wat sterf is ‘n seder wat val
en vir my‘n pluimpie,
‘n veertjie in die hoed
op my status en statuur
as bloubloed
adellike—–

Janetta – Helena [Babs]




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed