Jongste aktiwiteit:

Moederloog

Vir jou wou ek veel méér nog doen.
Sê en doen waarna jy dors.
Maar liefde en troos is toegevou
in hande gekruis oor jou bors.

Langs ʼn uitgeteerde jy het ek gaan sit;
Flukse hande, nou sag, in myn.
Bekende, ou hande wat my eens kon heel,
maar nou’s ek groot … en jy só klein …

Jou pyn en emosies vir ander te veel,
sluk ek myne om by jou te wees.
Dan lag ek saam jou oor pynlose sêgoed
en huil alleen as jy rusteloos slaap.

My hart het jou boodskap van kommer verstaan
as ek jou oë met myne ontmoet.
Donker ‘russtelling: “Ek weet jy moet gaan.”
ʼn Hemelse weerklank: “Ek sou later wou groet.”

Te swak om my meer te ken
is my groet op jou lippe gedruk.
ʼn Traan vol geluk oor wange, geplooi;
Klaar geleef; Salig … Mooi!

Verslae en starend staan ek wéér langs jou,
bitter ongeloof vlak in my hart.
My huilende lippe wat woordeloos prewel,
gedagtes ʼn warboel – onkeerbaar verward.

ʼn Anker geknip.
ʼn Naelstring wat bind.
My boot sonder slip.
Jou soekende kind …




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak