diaspora van die Boer
na die Anglo-Boere Oorlog
het migrasie van Boere begin
eers as krygsgevangenes na Indië
later as vlugtelinge na Argentinië
het as jong boompies verplant
wortels ingeslaan in ander
lande met vreemde kulture
in die korpus van my gesoek
het emigrasie die Boer nie altyd
begunstig nie – ontgogeld het baie
terug gekeer na hul geboorteland
Boere se diaspora het veral gebeur
na negentien-vier-en-negentig
daaruit is baie helde gebore
wat in ander lande leiers
word en hoogs presteer
oral waar hul kom ons
kultuur oordra
maar daar
vind dan ook
kultuurbestuiwing, plaas
waaruit ‘n nuwe geslag na vore kom
wat net uit die oor van hul ouers
van hul herkoms kan leer
terwyl die jeug
van ons volk
tuis hul eie lewe rig
op: “Ons bou om te bly”
en hul ouers soms nog vra:
“De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?”
Ó Tearlach.
Diaspora- Die verspreiding van ‘n volk na ander lande.
Ontgogeling – Om iemand van ‘n illusie te ontneem op ‘n ruwe manier
Korpus – Die geheel van al die werke wat oor ‘n bepaalde onderwerp gaan
Emigrasie – Die uitbeweeg van emigrante uit ‘n land om in ‘n ander land te gaan vestig
Migrasie – Die beweging van mense van een plek na ‘n ander met die doelwit om hulself parmanent in die nuwe plek te vestig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.