Jongste aktiwiteit:

EK EN JY

EK EN JY

 

Ek en jy kan nie ons ouers kies

miskien had hul mekaar rêrig lief

dalk was dit net ’n ou foutjie

en siedaar, daar skreeu die outjie!

Of mskien ’n woeste verkragting

onwelkom maak jy jou opwagting!

 

So begin ons die lewensweë

ons is hier…sê die eerste skree…

is jy gelukkig kry jy ’n sagte bors

of ’n ding wat so lyk, les ook die dors.

 

Ek en jy  nou groter klim, klouter en peuter

oor niks onseker, noem hul ons kleuters.

Ons bol’makiesie klim boom ry fiets

nie sonder spoegsmeer en ’n traan

met al die hoekom en waarom

probeer ons die wêreld verstaan.

 

Ek en jy… Nog vis nog vlees.

Hormone loop nou hoog

die ander geslag …

lyk al te fraai vir die oog

teen woorde onbeheers

moet ons ons staal, “Jou hare is te lank,

jou skoene vuil, jou lyf te kaal.

As jy so aanhou, haal jy nooit die paal.”

 

Ek en jy… Veertig!

Hoe op aarde het ons hier gekom?

Met kinders self in hul eie tiener storm?

Die tyd het tog so vinnig verloop…

Ek en jy… kyk na mensies oud en krom

hygend is dit wat hul noem die ouderdom

maar in hierdie lewenspad berese

daarin had ons geen keuse!

 

Geboorte… lewe… dood…

lê in die hand van die Opperwese groot

Ek en jy is net deel van die verloop.

 

Marthie Joubert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed