Doen is beter as droom
Doen is beter as droom
Ek sit met my eie gedagtes en droom.
Ek voel al die roem, die room van gedagtes, maar dade bly tans onvoltooi.
Drome neem my ver, ver van die voël se veer.
Die mens sukkel nog om dit te leer:
Doen is beter as ‘n leë droom.
Elke taak klink na môre se werk.
Vandag moet ek eers nog aan my drome werk.
Môre sit ek op ‘n stoel van sak en as, want aan geen van my drome het ek vandag gewerk.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.