Jongste aktiwiteit:

blomme

 

blomme is glimlagte op aarde

sonstrale wat tussen skaduwees dans

grysheid van my bestaan met kleur en geur vul

rose en lelies vertolk die wispelturige vrou

simbool van skoonheid en onskuld

met roosblare, sag en fyn

unieke glans in haar oog

met dorings wat

beskerm

 

blomme sing oor hart van natuur

vaardig om sentiment en emosies oor te dra

soos bedagsame ruikers kragtige narratief word

is elke blom sy eie delikate kwashaal op die doek

van mense se emosionele lewens

hul uitlewing van liefde

skoonheid en

passie

 

gedagtes pik van blomkelk tot blomsteel

swaar belaaai met emosionele nektar

wat soos heuningbye rondvlieg

elke vrugblaar besoek, bevrug

wag tot nuwe blomme vorm

wat rituele van romanse

ontketen in mense

gemoed

 

laat blomme in jou lewe

nie net laatblomme wees nie

teken jou lewe in blom kleure

vul jou tuin met lelies en rose

skink jou beker van liefde

vol nektar van liefde

drink skoonheid

om jou in

 

Ó Tearlach.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed