Die dorpsmuseum (Brons)
Die dorpsmuseum (Brons)
Die drie stigtersvaders verweer ononderbroke
en wees in hul ovaalbestek
gesuspendeer teen ‘n kleurlose
kalk kerkmuur
en gluur grimmig na die laaste
gas gangaf se geskil met gister
bewyse baklei bekkig oor feite en
saans as die maan soos
‘n bak, sy silwer water uitgooi
hoor jy hoe vervloeё dae deernisvol
huil soos ‘n ou hond
die dae van die dooies het
deemoedig deelgeword
van ons laaste verrotting
in verwaarloosde grafte
angstig Alzheimer die lewendes
oor gister in onkunde se marteljas
is dit waaragtig hoe tyd self uitdoof
tot die verleptheid van angeliere
wat onopgeteken verwyl
in gister se vererde vaas …
(C)MCH
2 Kommentare
-
Tearlach
"tot die verleptheid van angeliere wat onopgeteken verwyl in gister se vererde vaas " Pragtige woordkeuse
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek