Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Weer

Ek krimp fetaal
onder jou blik
wat woede uitstraal,
voor jou dreiging wat spektraal
vlermuisagtig oor my hang,

Ek is stukkend,
bloederig bang
vir sonde, vir die mense,
vir my malheid, vir my té wees,
vir die Heer se oordeel,
vir my skyn, vir my leuens,
my skuld, my éie oordeel,
my wil en hardkoppigheid,
my sensiwiteit.

Ek kyk op en vrees
jou hande wat ‘n volvuis bal
om te keer dat erge kwaad
die vredevol’ gesiene mens oorval.
Jou nekare knoop, jou gesig bars rooi,
terwyl jou woorde my snyhale looi.

Netnou lê ek soos ‘n stok
langs jou in die bed,
Dink gedigte uit en
sidder nog van skok.

Dan saggies in die donker
begin jou hand tas oor my lyf.
Dankie Vader tog, dis oor.
Terwyl ek myself in jou verloor,
ruk my lyf verward
in ‘n mengelmoes
van ekstase en rou trane in my hart.

Môre sal dit beslis weer beter gaan.
Dit moet net beter gaan.

© Charleine Collins 10 Maart 2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed