Penveer van ñ skrywer
Penveer van ‘n skrywer
Ink vloei deur sy pen. Woorde maal in sy kop.
‘n Storie wil hy vertel, maar ai tog, soms wil die regte woorde die skrywer net nie vergesel.
Berge word geklim. ‘n Lewe word geleef hier in sy wêreld waar ink speel.
‘n Veer is hul almal se droom, die begin van ‘n vlerk wat groei om hoog te vlieg op die wind van woorde.
‘n Donsie is die begin, die eerste veer wat wys.
‘n Pluimpie kom getuig: jy is besig om uit die nes te groei.
Tot daardie dag swem elke skrywer in die rivier van woorde en versamel letters soos skulpies op disosand.pdq
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.