o(e)ral innie kaap
van Hardekraaltjie in Belville
tot op die Урал in die Oeralgebergte
strek die geografie van berge
soos die Drakensbergreeks
van Suid na Noord
reghoekig tot teen
die Soutpansbergreeks lê
so kruis-krap die Kaapse berge
in blou glinsterende sneeu in die winter
en die Drakensberge in groen skynsel van drake
tot waar die diep groen woude van die Soutpanberg rus
so kom ek, reisiger vanuit die Noorde, en sien alles
in berg-perspektief uitgelê en sien die oeral
en die soutpanne oral in die Kaap
want berge is my dekor
waar my gene
ontstaan
© Tearlach.
(Die Oeralgebergte of kortweg Oeral (Russies: Ура́льские го́ры; Oeralskije gori) is ‘n bergreeks wat rofweg noord-suid deur Wes-Rusland loop.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.