Ek het vandag my naam verloor
Ek het vandag my naam verloor
Tyd belê aan môre se droom en sukses.
Dit alles wat die hart wou hê.
Vergeet van wat ek wil hê,
fokus eerder op wat gaan die mense sê.
Alles verniet…
my hart wou eintlik net vrede hê.
Tyd het my ingesluk,
wat het van my eie bestaan geword?
So hard probeer om ’n naam te bou,
sodat ander van my kon hou.
Vandag het ek my naam verloor
toe ek kom klop aan my hart se voordeur.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.