Strand Tonele
harde klippe
tot fyn korrels gespoel
nou ń sagte serp
vir see se hals.
epidermise selle
brand bruin op
ń witkorrel sand
matras.
gelynde stokke
op sterkman bene
staan alleen
gevang in sand.
ver weg trap
ń skaduwee kolletjie
ń verlange wese
diep in warm sand.
wit korrels kielie
brand ou bene
vars geskuur
in waai sand.
wit vuur vou
kaal om voete
lugtrap hardloop
oor die sand.
spore getrap
as tydelike getuienis
van vlottende mense
in sand.
as mense
voel ons vel
die ewige vloei
van see sand.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.