Die brug
Daar is ‘n duisend hande
wat aan jou wil vat, grypend
hul lip-lek-lekker
om jou té terg
hul pik-pik-prikkelproe-
soos jong meisies,
wat giggel op die strand:
Sien daar begin als weer
die ‘innerdimensionele’ debat
diep swart donker gif diep oor wit
tussen eindelose gange gevang
om die onoorganklike brug
in die stil kamers té vleg;
oor swiepende spitstoglyne waar niemand woon-
Binne die vakuum, pomp
die aorta hitte vloeiend
deur vingerpunt ekstase,
soos die Aarde druppend pols
na nuut uitgedrukte geelsonvangers
wat gaapend die blou-blou lug sluk-
so groen op geel aan bruin té kwyn.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.