Jongste aktiwiteit:

September 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae

Baie geluk aan hierdie 11 lede!

WENNERS

GEDIGTE

BRONS:

1ste -NO. 26 Ricco met Ek wens jou nader

2de  -NO.24  Ricco met Twee pole

3de  -NO.36  Cobus Kruger met Monochroom

 

SILWER:

1ste -NO. 35 Hester Steenkamp met Vir altyd

2de  -NO. 34 Hester Steenkamp met Lentekleure

3de  -NO. 39 Cornien Naude met Gitsroep na die mooiste ou dans

 

GOUD:

1ste -NO. 14 Elmarie Nienaber met Een nag het ek gedroom

2de  -NO. 13 Elmarie Nienaber van Kampen met Ontgrendel

3de  -NO. 45 Loretta Szikra met Onbeskaamde Bosveldnag

 

MENINGS:

1ste -NO. 2 Hester Steenkamp met Ingelegde liefde

2de  -NO. 1 Marlene Erasmus met Word on smeer emosioneel as ons ouer word?

3de  -NO. 3 Ano met Hopelik is dit nie die tandmuis nie!

 

RUBRIEKE:

1ste -NO. 3 Marlene Erasmus met Die noodsaaklikheid van vakansie

GEEN

 

ARTIKELS:

1ste -NO. 2 Pieter Mostert met Die ekologie en kwessie van rentmeesterskap

2de  -NO. 3 Pieter Mostert met Saam kyk na Jesus

3de  -NO. 4 Ano met Afrikaans, die taal van die onderdrukker en die onderdrukte

 

VERHALE:

1ste -NO. 3 Retha van Deventer (Pikettie) met Die bloedroep

2de  -NO. 4 Retha van Deventer (Pikettie) met Die uitstappie

3e3  -NO. 1 Marthie Joubert met Al hardloop jy hoe ver

 

KOMMENTAAR:

 

Gedigte

BRONS

  1.  Almal dra `n jas

Alhoewel ek goed verstaan wat jy met jou gedig wil sê, vind ek die aanbieding baie kripties en hakkerig. Die gedig het baie gebrekkige vloei en voel asof losstaande sinne en gedagtes in die vorm van `n telegram gedeel word. Hierdie gedig is vir seker nie die beste weergawe van wat dit kan wees nie.

 

  1.  Vier

As ons dig soos ons daagliks praat is dit bogemiddeld suksesvol. Jou vers lees moeilik omdat dit voel asof jy lukraak gedagtes pen wat niks met mekaar verband hou nie. Die gedig ontbreek aan vloei, orde en `n goue draad om alles saam te tooi.

 

  1.  Groot word

Die vers is werklik onsamehangend. Die kraswoord daarin is ook nie nodig om die emosie oor te dra nie. Jy gebruik woorde nét om te rym terwyl dit nie bydrae lewer tot die gedig nie. Die vers kan baat by redigering.

 

  1.  Rusplek langs die pad

`n Gedig moet altyd met een of ander leesteken sluit as dit met `n hoofletter begin. Jou vers is egter keurig, kort en bondig.

 

  1.   My leunstoel

Daar is verskeie woorde wat jy hierin herhaal. Die taalskat is groot genoeg dat dit geheel nie nodig is nie. Die gedagte “op jou breë lening snoesig koester” is taalkundig vreemd. Jy kan iets of iemand koester of visa versa, maar jy kan nie op iets koester nie.

 

  1.  Wildeblom

Daar is mooi en interessante beeldspraak hierin maar die gedig lees vir my vreemd en onsamehangend. Ek dink die vers kort lid- en voegwoorde, punktuasie en die woordorde kort aandag.

 

  1.  Windroos

Jammer maar die vers is uiters onsamehangend en grens aan taalslordigheid.

 

  1.  Skaam lente lyfie

Ek hou van die beeldspraak hierin. Die ritme is egter nie 100% vloeiend nie. Dit kan reggetrek word deur die sinlengtes aan te pas. Keurig nietemin.

 

  1.  Elke dag lente

Ek hou van die progressie in die vers. Die vele herhalings pla egter my oor. Jy kan dieselfde boodskap oordra sonder die baie herhalings.

 

  1.  Ontwortel

Daar is geen kronologiese progressie in die vers nie. Die digter spring van een gedagte na die ander en daarom maak die gedig nie sin nie. Ernstige redigering kan dié vers baat.

 

  1.  Begraafplaasblues

Ek dink jou vers is baie goeie sosiale kommentaar op die toestand van die land en die gebrek aan onderhoud. Ek voel jou vers is bietjie lang-asem maar dit is jou prerogatief. Waak net teen lang sinne wat maklik inbreek kan maak op die ritme. Goeie vers met mooi en interessante beelde.

 

  1. Peis

Die struktuur van jou Villanelle is 100% korrek. Ek gaan nie beweer dat ek die inhoud hiervan verstaan nie, maar dan is dit ook nie die werk van die digter om te skryf sodat elkeen dit moet verstaan nie. DIt maak lees en les beter indien jou gehoor die vers begryp, maar interpretasie is in die hande van die individu. Ek moet my hoed afhaal vir jou omdat jy hierdie baie uitdagende versvorm aangepak het. Mooi gedoen.

 

  1. Twee pole

Hierdie is ‘n kragtoertjie wat die leser laat dink oor die inhoud. Is dit ‘n ode aan die lente, somer of die tekort aan wit winters? Dit is en bly ‘n ope vraag tot aan die einde van die vers en tog word dit nie oorweldigend geantwoord nie. Die leser kan betrokke raak deur die vraag vir hulself te beantwoord. Baie netjiese vers. Welgedaan.

 

  1. Ek wens jou nader

Dit gebeur nie gereeld nie, maar soms tref ‘n gedig my so diep dat ek stil wil staan en dit weer en weer lees. Jou talent (veral in die bronsklas) is benydenswaardig. Wat ‘n heerlik sensuele gedig wat so mooi omgaan met die waardering vir ‘n geliefde. Ek is stof oorbluf! Onoortroffe.

 

  1. Diepsee hengel

DIe vers is keurg. Ek vind die inhoud effe juveniel, maar dit is bloot semantiek.

 

  1. Wees my genadig

Keurig. Dankie vir jou deelname.

 

  1. Vingerafdrukke

Keurig. Dankie vir jou deelname.

 

  1. Ink dit

Mooi progressie. Keurig.

 

  1. Die lewe is ‘n lied

Ek dink die ritme hierin kon beter beplan gewees het. Die idee van die vers is mooi maar dit is werklik woordoorbodig. Effense redigering kan hiervan ‘n uitstekende vers maak.

 

  1. Monochroom

DIt is ‘n sterk vers met pragtige beeldspraak. Jy het baie mooi gedoen hiermee.

 

  1. Soms

Lieflike versugtinge hierin. DIe vers het mooi konstruksie en pragtige beelde. Welgedaan.

 

  1. Nooit naak lente

Wat ‘n heerlike vers met die mooiste beelde. Werklik innoverend.

 

SILWER

 

  1. WInterdraal

Ja hierdie jaar veral voel dit asof die lente nie haar staanplek kan kry nie. Jou vers is pragtig waarnemend en mooi aangebied. Jou beeldspraak is ook besonders.

 

  1. Lente

Ek hou van hierdie woordtoertjie. Die verpersoonliking (of beter, dat jy selfstandige nw. as `n werkwoorde inspan) is pragtig. Jy het baie mooi beelde geskep in hierdie kompakte vers. Welgedaan.

 

  1.  in elk geval

Ek verstaan die idee agter die vers maar dit is werklik onsamehangend op sekere plekke. Jy kan hierdie vers met min inspanning redigeer om die volle potensiaal daarvan te ontsluit.

 

  1.  Vir my hart

Soms probeer die digter té hard om die leser te beïndruk met “groot” woorde, in só `n mate dat die leser van die werklike boodskap ontneem word. Ek het nie vir een oomblik verstaan wat die digter vir my wil sê nie.

 

  1.  Afrika-ikoon

As die son sak oor Suid-Afrika is dit altyd mooi. Ek verstaan egter nie die metafoor van `n stoomtrein wat die beweging van die son voorstel nie. As daar een ding is waarmee en níé die son se beweging sal vergelyk nie is `n “gejaag”. Ek hou van die vers maar sou wou sien dat jy hierdie vergelyking heroorweeg.

 

  1.  Goue simfonie

Jou vers kan maklik as woordoorbodig beoordeel word, maar ek het `n heerlike ritme, lieflike beelde en `n baie suksesvolle vers gelees. Jou vers verbeeld die wonderlike natuur baie mooi en dit lees heerlik. Baie mooi gedoen.

 

  1.  Ontkommer

“Dan roer Sy kruisweg-medelye

my hart om te vertrou in swye”

Wat beteken hierdie sin? Het jy dalk hierdie keuse gemaak slegs om te rym?

Ek hou van die idee van jou vers.

 

  1.  Lente se eerste hartklop

Mooi beelde in die vers. Die vers is aards en betrek die leser met elke lag en soetaroma. Mooi.

 

  1.  Lentekleure

Jou vers maak elke ervaring lewendig met die besonderse beelde wat jy in en uit elke betrokke plant, kleur en geur optower. Ek as leser het intens betrokke gevoel omdat jy als met jou woorde lewendig verdig het. Heerlik!

 

  1.  Vir altyd

Jy het besonders omgegaan met die skep van lieflike lewendige beelde. Ek het ten minste drie interpretasies hierin geïdentifiseer wat die lees hiervan vir my besonders aantreklik maak. Die beelde leef en selfs die onomatopee is so gepas. Wonderlike werk!

 

  1.  Gitsroep na die mooiste ou dans

Besonderse teer en mooi vers. Ek wil nie werklik kritiek hierop lewer nie, maar ek dink tog dat punktuasie jou kon help om selfs `n groter treffer te skryf. Mooi.

 

  1.  Oumakind te lente hart

Besonderse inslag. Ek wonder tog of punktuasie jou nie sou kon help nie. Die inhoud is teer en mooi.

 

  1.  Oor die oewer

`n Geversde padkaart…pragtig! Ek vind egter die slot effe stomp.

 

GOUD

 

  1.  Ontgrendel

Dit verg `n bedonderse vermoë om `n “groot storie” in `n vonkvers te vertel. Jy het   met “Ontgrendel” bewys dat jy oor daardie vermoë beskik. Welgedaan. Treffend!

 

  1.  Een nag het ek gedroom

Ai, my tone krul met sulke heerlike poësie. Uithaler beelde wat die emosies in al hul heiligheid beskryf. Maggies, dis mooi!

 

  1.  Klikkiebek

Hoe mooi skinder die lente haar asem se koms in jou vers. Mooi gedoen.

 

  1.  Bottel die somer

Keurige vers. Mooi slot.

 

  1.  Karooprag

Keurige vers.

 

  1.  Jolifikasie

Jy het heerlike, lewendige beelde geskep. Die ritme in jou vers is melodieus. Mooi gedoen.

 

  1.  Die rymelaar se tuin

Die vers se slot is vir my veral besonders. Die beelde hierin is mooi. Keurig.

 

  1.  Sonder jou en die see

Die openingsin van jou vers is treffend. Die res van die vers is keurig.

 

  1.  Onbeskaamde bosveldnag

Besonderse mooi vers, maar as jy in die goue klas deelneem is selfs één spelfout onverskoonbaar.

 

  1.  Ongetiteld

In drie sinne vertel die digter 30 jaar se geskiedenis. Daar is, was en sal altyd oomblikke van uiterse trots en samehorigheid wees, selfs al bloei verhoudinge in die interim. Pragtige treffende vonkvers!

 

MENINGSTUKKE

 

  1.  Word ons meer emosioneel as ons ouer word?

Ek het heerlik hieraan gelees. Jou mening is gestaaf en getoets en die slotsom is `n positiewe benadering. Mooi.

 

  1.  Ingelegde liefde

Die meningstuk begin met `n interessante gesegde. Ek sal dit gebruik in die toekoms. Jou skryfstuk is keurig en netjies.

 

  1.  Hopelik is dit nie die tandmuis nie.

Heerlik hieraan gelees. Dit is meer van `n storie as `n mening sou ek sê maar ek sal jou die voordeel gee.

 

  1.  My lojale vriend

Jou mening oor `n vierpootvriend word gedeel. Mooi geskryf.

 

  1.  Wanneer die spasies tussen sekondes al hoe langer raak

As voorbeeld, lees weer jou eerste paragraaf: woordkeuse en woordorde speel `n groot rol in die netheid van `n skryfsel. Hoeveel keer herhaal jy “nie” en dan op verkeerde plekke ook? Ek hou van die tema van jou meningstuk maar die aanbieding is nie optimaal nie.

 

RUBRIEKE

 

  1.  Som die lewe op

Kyk na jou spelling. Twee spelfoute in die eerste 3 sinne! Ek het nie eens verder gelees nie.

 

  1.  Glo wat jy vra

Kyk na woordkeuses en spelling in jou werk. As voorbeeld: Het jy nie bedoel jou gesindheid teenoor `n probleem nie, maar jy gebruik “gesondheid”?

Hoofletters wat lukraak opduik sonder rede?

Onthou, lesers koop tyd uit om ons werk te lees. As ons nie nougeset oplet om optimaal te skryf nie, is dit `n teken van geen respek vir ons gehoor. Lees jou werk vóór jy plaas.

 

  1.  Die noodsaaklikheid van vakansie

Jou skryfsel is keurig, netjies aangebied en skyn die kollig op `n baie belangrike deel van die menslike toestand. Mooi gedoen.

 

ARTIKELS

 

  1.  Lewe en dood

Pasop vir konsepherhaling. Voorbeeld:

  1.  “Die onderwerp lok grootskaalse debat…”
  2.  Twee sinne later “…lok hierdie debat op `n wye spektrum uit.”

Woordkeuses moet korrek gemaak word: “sien dit as `n uitweg as om EERDER met pyn…”

Let op spelling: brein en nié “brain” nie.

 

 

  1.  Die ekologie en die kwessie van rentmeesterskap

Dit is in die strengste definisie `n artikel. Daar is egter ook wat my betref `n indikasie van `n persoonlike mening hierin. Die persoonlike oorweging dat `n Skepper die mens as “rentmeester” aangestel het is natuurlik sonder `n bewyslas in die wetenskap en kan dus nie as feitlik geartikuleer word nie, maar eerder as `n persoonlike oortuiging. Dit laat nie so `n mening buite die omvang van `n artikel nie, tóg sou `n artikelskrywer eerder van buite inkyk en nie in die strik van om persoonlike oortuiging binne die artikel in te sluit, trap nie.

Jou navorsing oor die ekologie en die verduideliking daarvan is netjies gedoen.

 

  1.  Saam kyk na Jesus

Ek vind dit artikel boeiend. Ek wonder of die tema optimaal is, maar dit is bloot semantiek aan my kant. Netjiese navorsing en `n gepaste artikel.

 

  1.  Afrikaans, die taal van die onderdrukker, en die onderdrukte

Jou artikel is keurig. Ek as leser en pedagoog, stem 100% saam met die inhoud van hierdie artikel.

 

VERHALE

 

  1.  Al hardloop jy hoe ver

Die regte spelling is “Alzheimer”. Die ontwikkeling in die verhaal is keurig. Ek vind die karakterontwikkeling op standaard. Die storielyn word mooi deurgetrek tot aan die einde. Let net daarop dat sinkonstruksie belangrik is in `n verhaal. Losstaande gedagtes klink nie mooi in `n storielyn nie; as voorbeeld: “…Anneli van Rooyen se Halleluja, haar gunsteling sangeres en lied.”

Die verhaal sluit ook mooi.

 

  1.  My ouma, so onthou ek haar

Die verhaal is keurig genoeg alhoewel ek meer orde in die konstruksie hiervan sou wou sien.

 

  1.  Die bloedroep

Dit is `n keurige vonkverhaal. Ek het die storielyn mooi gevolg en die karakters hierin goed leer ken. Hierdie verhaak kan baie gemaklik in `n lang-kortverhaal ontwikkel word. Mooi gedoen.

 

  1.  Die uitstappie

Die verhaal is keurig. Omtrent `n bloederige spul, maar vermaaklik nietemin.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed