
Kennisgewing oor plasings
Ek wonder al weer… En toe ek nou na die temas kyk om een te kies, sien ek ‘behoefte’ raak. En toe dink ek ditsem…ek het ‘n behoefte…ja en ek glo nog ander lede het ook dieselfde behoefte as ek. As ek verkeerd is, spyt dit my papnat.
Wag laat ek by die punt van die behoefte kom. Ek volg ‘n hele paar lede, of altans, ek sou graag wou, maar ek kry nooit nie enige epos kennisgewing as die ou, of vrou, wat ek bedoel om te volg, ‘n nuwe bydrae publiseer nie. Dis mos hoekom ek hulle ‘volg’. Om hulle skryfsels te lees. En omdat ek nie die tyd het om elke dag op Ink se werf te skrop nie, mis ek dus baie mense se bydraes. Dis sleg, of wat praat ek nou alles?
Iewers in die begin weet ek, dat dit ‘n belofte was. Of is ek alweer verkeerd?
6 Kommentare
-
Ano
Se ek ook! Nou en dan (wanneer my sif-geheue onthou), gaan loer ek afdeling-vir-afdeling deur en sien wie het nuwe goed geplaas…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Kiekies, ek staan skuldig, ja dit was n belofte gewees. Daar is steeds n tegniese probleem rondom dit en die mense van Tandem wat die INK webwerf ontwerp het en instand hou het 100 beloftes om dit reg te stel maar ongelukkig nog niks op die tafel nie. Ek hoop om so gou as moontlik hierdie probleem te kan oplos, ek hou jou op hoogte. So groot askies vir jou en al die ander INK lede