Denke
Maanligaand
treffend beskaamd
denke terug aan jou
eens in die baai
iewers langs die kaai
tussen wolke dans
breek branders
in skadu van gedagtes
waar die lighuis
‘n stille refrein
die mooiste klank
ons liefde bedank
breek trane groot
eens jou liefde
onverwags weg
skeur rou branders
kolkende gedagtes
padlangs verby
stukkende ligdraer
verskeurende hart
opnuut die las
prewel saggies
vrye denke
afgesnyde hart
vir ewig verby
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.