Al wat oorbly
Jy het gemoor….en lewe gegee
jy’t vlees gebreek en gees geknak
dag vir dag ´n stryd om mens te bly
ja, “mens” met foute! in hierdie perfekte land
Daar is wilgerbome en donderstorms
bo ons hoor ons voëlsange
behou die hoop … behou die hoop
sleep in deur die nou poort
Klippe, rotse bly onversteurd voortbestaan
maar dit bly ‘n betreklike troos
Wat bly oor na al die jare”,
om te kan asemhaal, asemhaal
3 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Ons moes moor en doen om staande te bly .... baie mooi Palet