Jongste aktiwiteit:

Gedig sonder naam

En nou dink ek oor dinge meesal ongesê,
nie ongesê omdat dit minderwaardig is,
of minder dieper in betekenis…
Maar omdat dit te heilig is
om selfs in woorde werklikheid te word

Dat ander dit nie kan verstaan,
sonder om te delf en grou en klou
in die verborge betekenis van dieper…
Seer en mensgemaakte eer,
en wrang betekenis daaraan te heg

Kan ek nie eers verwoord normaal,
dit wat ek myself in donker stilte skep en skreeu,
sonder om dit te laat klink…
na ‘n goedkoop hygroman
wat kortstondig kits verligting bring.

Ongesê omdat dit sou afbreek doen
aan alles wat dit ooit moes wees…
in ‘n perfekte lewe as dit was ,
want woorde sou die seepbel bars…
van afwagting, totdat die mộre nooit sou kom.

Want wie weet,mộre mag dalk kom…

© F Jansen van Vuuren




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed