Jongste aktiwiteit:

bykans

uit dofmooi klanke van ʼn ou klavier
het jy van tooi met roos en tulp se kleur
in mat die spektrum van die ewigheid
tot ademlose kleure skadu’s
van diepste hemelgrou en -blou
tot ongesiene onweersblou verdou
en só my hier-bestaan omtower

want eensklaps het jy
deur net maar bloot te wees
die aakligheid van lank onthou
se droewe trane nattigheid
ín my ontdooi van donkertes
tot sonskyngloed vol jakkeranda-pers

my vlindernimf
wat stuwings van die daeraad
verby die kleurelose ruimte dra
ek kort só vele kleur en tint
om net maar in dié fermanent
al is dit skramsweg net ʼn keurigheid
op die tafel van jou siel te ets

die legging van my nuutgevonde kleuredos
van sonlig sterre en ʼn kaasblou-maan
begroende heuwels bo ’n pêrelsee
wat rustig deinend in die ore fluister
is heilig koesterend in ewigwaardig’
oogontwykende onsienbaarheid

en nou my innig’dankbaarheid
dat ek my lewenskwas kon doop
in kwistigheid van vol jou liefde
van só blank ʼn reine blom
wat selfs vir mý in mufbestaan
van God se gramskap los kon koop
deur blote glo uit oorgawe
Jesus is en Christus kom




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed