
NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 2
HOOFSTUK 2
Nadat hy sy vlugplan ingedien het en seker gemaak het dat hy genoeg brandstof het begin Andries met sy voorvlug nasien van die Piper. Alles werk ten volle en skakel hy die masjien aan om na die aanloopbaan te beweeg.
Toe hy opstygklaring vra moet hy tot sy frustrasie op die radio hoor dat daar n Dakota van die huurvlug maatskappy besig is om in te kom vir n landing en dat hy eers moet wag dat die Dakota land. Dit vertraag sy opstyg skedule met n volle vyftien minute voordat hy op die aanloopbaan kan inswaai en die Piper vol kan oopstoot om in die lug te kan kom. Die lugskroef byt die lug vas en spoedig lig die Piper van die grond af om die lug in te klim tot Andries vlughoogte bereik.
Heel tevrede sien Andries die wêreld onder die Piper verbygly net nadat hy van Manaus af opgestyg het. Links van hom lê die stad en regs van hom die groen landskap wat onder hom verbygly. Op die horison kan hy alreeds die Amasone woude sien wat hy oor n half uur sal begin oorsteek.
Op die horison sien hy ook die donker wolke begin saampak oor die woude en soos dit vir hom begin lyk sal hy na sy regterkant toe moet uitwyk om om die storm te vlieg. Dit is dieper oor die Amasone in as wat hy graag wil maar glo hy dat met die ekstra brandstof dit sal kan regkry om regs om die storm te vlieg. Die Piper se masjien brom heel tevrede voor hom en die instrumente toon dat alles wel is met die Piper.
Andries sit gemaklik terug en geniet die uitsig om hom terwyl hy n koeldrank uit die koelsak haal om te drink. Sy aandag bly egter op die horison voor hom en na n halfuur se vlieg begin hy oor die Amasone beweeg. Die stormwolke is ook nou aansienlik nader en kan Andries n beter prentjie van die storm voor hom kry. Hy sien dadelik dat hy dalk verder regs sal moet uitwyk om om die storm te kan vlieg as wat hy gedink het want die storm kring wyer uit. Dit gaan hom dieper oor die Amazone invat as wat hy wou gegaan het maar dit bekommer hom nie want hy het nie verniet ekstra brandstof ingeneem nie. Hy sal net een of ander tyd na die reserwe tenk toe moet oorskakel.
Toe Andries voel die wind begin die Piper rondruk en hy sien die donker wolke is nog net n paar kilometer van hom af weet hy dit is tyd om te swaai. Die Piper reageer gewillig om na regs te draai en begin Andries om die storm vlieg.
Die wolke brei uit en begin die Piper ook verswelg. Reën begin teen die voorruit kletter en kan Andries niks meer sien nie. Hy word gedwing om op instrumente te vlieg en na n ruk besef hy dat hy die storm onderskat het. Hy moes nou al om die storm gewees het maar nog steeds reën dit en die wind ruk die Piper rond. Die brandstofnaald sak weer effens en Andries besluit om oor te skakel na die reserwetenk toe. Dit moet egter met die hand gedoen word en moet Andries die Piper vir n paar oomblikke op outomaties sit om agtertoe te kan gaan om die kraan tussen die twee brandstof tenks te gaan oopmaak om die brandstof tussen die twee tenks te laat vloei.
Hy is net besig met die oorskakeling toe n weerligstraal die Piper tref. Die kompas draai rondomtalie en kom tot rus. Andries voel hoe ruk die Piper en kom blitssnel terug in die kajuit op sy sitplek. Sy oë gaan vinnig oor die meters. Alles lyk vir hom normaal en na n halfuur breek hy skielik uit die storm uit. Andries slaak n sug van verligting maar dan besef hy iets is verkeerd. Die kompas is nie reg as hy na die son kyk nie en sy hoogtemeter moes ook seergekry het want hy vlieg laer oor die bome as wat hy gedink het. Hy sal dus nou op gevoel moet vlieg. Hy sak nog n bietjie om die wêreld om hom te beskou maar dit lyk vreemd. Die storm het hom heeltemal van koers af gedwing.
Andries besluit om eers in n kring te vlieg om te kyk of hy nie oor meer bekende wêreld kan kom nie want hy het sy bakens op sy normale vliegroete. Andries vlieg twee keer in kringe en n laaste keer wyer uit maar die wêreld lyk vir hom vreemd. Hy bepaal sy posisie volgens die son en vat dan weer koers.
Na twee ure begin die Piper se enjin mis. Andries voel dit en sien op die revolusiemeter dat dit val en weer optel.
Rook begin by enjin uitkom en Andries besef dadelik, hy sal plek vir n noodlanding moet soek. Sy oog vang een van die sytakke van die Amasone rivier en oorweeg hy vinnig n noodlanding op die water. Die risiko is groot want as hy in die water beland kan die phiranas hom opvreet of hy kan krokodilkos word.
Die Piper se masjien begin stotter en dan bars n dik rookwolk by die masjienkap uit. Die revolusiemeter val en dan staak die masjien en Andries begin sweef. Haastig skakel hy die brandstof toevoer af en kyk of hy nie n minder digte plek kan sien vir n noodlanding nie.
Toe hy die mikrofoon van die radio gryp om n may day uit te saai is die radio ook dood
Noodgedwonge staal hy homself vir n noodlanding want die bome kom nou vinnig nader. Hy slaag daarin om die Piper nog n paar minute in die lug te hou en dan tref hy die bome. Die wiele skeur af en skeur die bome die romp van die Piper oop. Die windskerm versplinter en Andries voel hoe sny die takke wat die romp oopskeur en die vlerke afskeur hom ook.
Die laaste wat hy van weet is tak wat hom teen die kop tref en dan verloor hy sy bewussyn terwyl die wrak van die Piper tot stilstand kom. Gelukkig gaan die deur oop van die slag en gooi Andries uit die wrak uit want hy het nie sy veiligheidsgordel aan nie.
Ape sketter en vlug benoud die bome in terwyl die voëls en papagaaie wegvlieg van die rokende ding wat hier uit die lug uit tussen hulle geval het.
As gevolg van die nat omstandighede vat die wrak nie dadlik vlam nie en lê en smeul. Die brandstof wat uit die verskeurde brandstoftenks uitloop loop in die nat grond in. Wrakstukke lê tussen die bome versprei maar fetlik dadelik vou die bome van die Amasone oor die ramptoneel toe om sy geheim jaloers te bewaar.
Van die nuuskierige ape kom stel ondersoek in, onbewus van die gevaar waarin hulle verkeer en begin tussen die wrakstukke rondklouer. Toe hulle Andries se verskeurde sak ontdek begin hulle fees tussen die vrugte en toebroodjies wat daarin is.
Eers toe hulle n beweging tussen die bome van naderende Indiane tussen die bome gewaar gee hulle sketterend pad in die bome in.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ek is besig om op te vang. Hier kom nou 'n ding....gelukkig kan ek dadelik verder lees.