
identiteit
“jou outonome vryheid lê by jou reg om te wees wie jy wil wees”
ons voorvaders het geweet ;
uit hul omstandighede hul kultuur gevorm
hul eie identiteit in tye van nood, hoop en wanhoop
van uiterstes, groei en agteruitgang
hulself geformuleer, gehandhaaf
en gebou
“vandag wil almal, alles vir almal wees”
beteken identiteit vir jou indentiteitsloosheid
voor jy iets vir iemand anders kan of wil wees
moet jy eers weet wie jy in jouself is
jy kan nie daarsonder saamwerk nie
as jy niks is, en niks vir jou belangrik is nie
het jy niks om voor te staan nie
“Jy kan eers opstaan vir ‘n ander se reg as jou eie reg ook vir jou belangrik is”
daar moet aanvanklike integriteit-identiteit wees
identiteit bepaal soveel van jou menswees
dit bepaal wie jy is en waarheen jy oppad is
watter taal jy praat, waar jou kinders skoolgaan
na watter universiteit jy hul gaan stuur
so vorm jy daagliks deel van jou kultuur
.
“onthou tog: geenlyn-grense bly steeds ‘n grens”
wat vandag waar is, is dat alles onomkeerbaar
feitlik van dag tot dag verander – kultuur verouder,
aanpas, hervorm en feitlik oorgeskryf word
deur robotgedagtes, wetenskaplike begrippe
geografiese omwentelinge van orkaan tot orkaan
die jeug van hierdie dae, aanpas by alles nuut
die “oumense” van die dag daarin vergaan
Ó Tearlach.
identiteit – ‘n Kenmerk wat jou van ander mense onderskei en bepaal wie jy is. Die belangrikheid van die identiteitskwessie in sy vele gedaantes en belangstelling daarin, spreek onder meer uit tesisse soos dié van Wasserman (2000) en Visagie (2004), en artikels soos De Villiers (2003), Reddy (2005) en Van Zyl (2006).
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.