‘n Offerand by die kampvuur
ek het die wind kom ry
deur die langgras verby jou son
tot waar sonvangers dans
en die bokooi, die bokooi wat sing-
fluisterend in my sy
ek wil jou nooit laat vergeet
van my pastel hart
wat uit my ribbeen skeur,
na ‘n offerand om nie in eensaamheid te verweer
en ek het die wind kom ry,
tussen denneboom en assegaai
soos ‘n pyl vlugtend in die lug-
sy prooi te vind,
ek het die wind kom ry
‘n hiernamaals oor jou vallei
‘n flikkervlam of love is God;
nes ek langs jou neer kom lê
©Morné du Preez
2 Kommentare
-
Seirdna
Netjies gedoen Morne
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek