
Asblik-honger
Dis asblik dag
ek loop vir die derde keer
om nog ’n swart sak
vol leë melk boksies
chips papiere en ’n half geëete toebroodjie
uit te gooi
toe ek hom daar sien
die sakke versigtig deursoek
vir ietsie
wat nog eetbaar is
en hy die laaste druppel
sap uit die boksie teug
terwyl hy hurkende sê
“my lanie ek sal weer mooi toemaak”.
Ek met die witbrood
kry skaam
omdat ek
net ’n paar minute terug
gekla het
oor ek vandag
wéér winkel toe moet gaan
vir ons daaglikse brood.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.