Jongste aktiwiteit:

Ek ken jou

Ek sien die seer
wat deur jou oë praat
agter daai glimlag
diep weg gesteek.

Ek hoor die pyn
agter die grappies
wat breek in jou stem
as jy praat.

Ek voel jou trane
wat vloei oor jou hart
waar niemand kan sien
deur die venster van jou siel.

Ek ruik die angs
waarmee jy jou toegedraai het
soos ‘n winterskombers
in die koudste nag.

Ek proe die moegheid
wat dieper lê as slaap
dit skuil in die skadu
van jou hart.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed