
bloed
–
verdunde bloed
druis deur my are
bring waardevolle
suurstof na my brein
soos stoom deur pype
vanaf die lokomotief
na sy waens pomp
so bring die Gees
aan my waarheid
bou my geloof
hoop en liefde
in reëlmaat
van tyd, tye
uit tot die
volvoering
daarvan
–
©Teãrlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek