Jongste aktiwiteit:

DIE NAR NOV PROJEK

DIE NAR

 

Geld betaal een rand of tien

en dít net om ’n nar te sien?

Nee my vriend, loer slegs in die spieël

kyk dan reg tot in die nar se siel

 

met klere smaakvol en hare getooi

word die eensame nader genooi

met skynrustigheid ongestoort

werk jy rustig, vriendelik voort.

 

Met ’n vrolikheid onbeperk

maak jy daagliks jou merk

jou seer toegedraai in purper lap

bly jy die nar, wat mens laat lag!

Ja, die ou lewe is maar ’n mallemeule

en die middelpunt daarvan is jy- die nar!

 

Marthie Joubert

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed