Jongste aktiwiteit:

Kleinteater (Goud)

Oor jou sandverhogie langs die vlei
gaan die middagson sy trae gang,
‘n voetpad kronkel teen die hang
waar rondvet beeste vredig wei.
Uit ‘n politoerblikramkie tokkel jy
‘n wysie wat my laat verlang
na kindwees se stoftrap en sang
en onskuld lankal reeds verby,

maar jou danspassies het my ontgaan
op my reise na die gekgoudglans
van blink ligte en geld,
kan jy my dit weer help verstaan
sodat ek saam met jou kan dans,
kleine maestro van die veld?

Neologisme: gekgoudglans – ‘fools gold’

©️Elize Kruger
28 Oktober 2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed