Jongste aktiwiteit:

straatdigter se kruistog

vanoggend sweef jou siel oor duine
van hier by die see tot ver in suid wes
daarvandaan oos na soutpansberge
tot aan die ooskus by milibangalale

deurkruis het jou siel die land
van melk en heuning oor jare se reise
van dorp na dorp en van hitte na sneeu
van plaas mense tot stadsjapies se roes

wanneer jy soms stil hang in die blou lug
en die see daaronder rustig deinings maak
dan strek jou visie verder as die verste ster
en so ver as jou lewe van begin tot nou

woorde wat oorgaan in sinne en gedagtes
wat nuwe woorde skeppend neerlê in gedigte
beskrywings van jou binneste en jou oog
nuwe vergesigte gebou op jare se leef

dan besef jy stellig spoedig dat jy doring is
dat jou woorde soms te diep sny in oop wonde
jou gedagtes te veel herinner aan verbreekte beloftes
jou gedigte soos twee snydende swaard oopkloof

sak jy terug op jou duin se vesting
dan raak jy mettertyd stiller en soog
jou sweeftogte tot die mooi en die nou
die ontkennende glimlaggende koue

vele swerftogte deur die skone kunste
van digkuns en spelreëls wat verveel
oortuig jou nooit op jou droë duin
die woorde val uit soos jy praat

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed