Gee my ‘n rede
Gee my ‘n rede
‘n rede om weer te glo
te glo in al die mooi
aan sons’ondergang se rooi
Op sagte seesand
in die nag vir die maan te wag
waar silwer drome
my opnuut weer sal laat glo
in die wonders van liefde
Gee my ‘n rede
wanneer ek opkyk na die sterre
daarin te kan verdwaal
aan die ewigheid daarvan vas te hou
Gee my ‘n rede om sonder ophou
my vas te anker
aan die bodem van jou hart
ek wil deur die mure wat my vasdruk breek
en weer vertrou
‘n Lente’bries
oor my voel waai
en bietjies-bietjies
weer begin glo
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek