Jongste aktiwiteit:

Kind van die aarde

(goud)

vir my sal Namakwaland se blomme
’n duisend danse dans
en die aalwyne by Springbok
sal rooioranje teen ‘n krans

welwitchia sal oeroud stamme
begrawe in die sandwoestyn
iewers in die Namib
’n nuwe blaar vir my laat krul
oor die warm van ’n duin

in die vlakte van strandmere
sal pienk flaminke steeds flamink
ewig sal hul walse
weerkaatsings in my waters ink

en die meeue en die sterretjies*
sal ímmer
deur avondure vlug
(heen en weer, en heen en weer)
net vir my
teen die vermiljoenste lug

© Carma Shaw
7 September 2019
12:43

* sterretjie – ’n tipe seevoël




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed