Nuwe lewe
Bars die ru hout
Op naat van sy lewensare
Deur spyker wat deurdring.
Wat wonde los in MensGees vlees.
Bevogtig Heilige Bloed
Uitgedroogte balk
Met nuwe lewe belofte
Waar dood reeds geheers het.
Staan dooie bene op
Rittel deur Nuwe Asem
Waar vleis en seening heg
Deur n doodsoorwinning geveg.
Paula Paxton
Kopiereg voorbehou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.