Jongste aktiwiteit:

soos duwweltjies

op my duin is daar nie dorings nie
weg van die see af groei daar miljoene
in pragtige geel blomme adverteer hulle
die lelike duwweltjies wat nog gaan kom
deur jou dun plakkies se sole steek dit
word aangedra deur diere pootjies
groei oral waar dit in sand val
ware doring in die vlees
soos duwweltjies
is die lewe soms
vol slaggate en dorings
landmyne van verkeerde besluite
wat vir geslagte daarna nog weerklink
enigste manier om duwweltjies uit te roei
in jou sanderige tuin grond is werk
jy moet elke nuwe plantjie wat
so vinnig opkom na die reën
vinnig uittrek en verwoes

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed