
Wanneer die stof gaan lê
ver heen kyk ek by my venster uit
staar na niks diep geraak in wese
denke rol my gemoedere vol
snydend sny die woorde
ongegronde leuens spoel oor hul lippe
saam gekloek en saam geskinder
dink hul ek weet nie wat om my aangaan
stoot gedagtes elke greintjie
skets soos ‘n prentjie voor my oë
iemand en ek weet ook wie
speel ‘n ontsaglike rol in vernietiging
van ondermyning sover dit kan
geen wind of weer kan hul keer
oor wie hul loop of rondskuif nie
voel hul ‘n veer vir afbreking
wanneer die stof gaan lê
weef my gedagtes ‘n stille refrein
toets ek my self na soveel kere
waar stop liefde dan wat so diep
gevleg was in vertroue
speel die woorde in my gedagtes
vergewe hulle, Here,
want hulle weet nie wat hulle doen
spreek ek vry en seën hul met die beste
70×70 en nog baie meer in God se guns
weer eens kom ek vry aan bande
wat afval waar vyande grou
dank ek my Vader Sy krag
is groter en sterker aan hulle
wat wil maak en breek soos hul wil
weet ek my God het klaar gesien
vou Hy my met Sy arms toe
soos ‘n karros warm en snoesig
veilg in Sy teenwoordigheid
kyk ek hul vierkantig in die oë
niks gaan my onderkry
nie leuens, nie afguns, nie jaloesie
met liefde is ek geseën in Jesus
kan skerpioene en slange maar kom
het God beloof geen gif sal my iets aandoen
pluk ek nou my dankbaarheid
aan genade gegee oor en oor
en wanneer die stof gaan lê
en God is in beheer sal elke siel
buig voor God, en Sy Naam aanroep
aan God al die Eer
tot U sing ek my lof gesang
blydskap borrel in my
wanneer die laaste sê
U besluit en gevolge sal dra
©Louisa van Vliet
Sept 8, 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.