Lampe en Kerslig
Lampe en Kerslig
Vanaand is die ligte so onnodig
helder en skerp met geen lamppit
om die vlam dowwer af te draai of
‘n oogvriendelike sagte beskeie
kersliggie in sig nie – – –
Ek verlang na die ou karaktervolle
pragtige paraffienlampe met hul
sierlike lampskerms wat ‘n ontspanne
atmosfeer van hul eie kan skep en
selfs die gaslampe kon jy dowwer stel
en met die windbestande stoere lantern
kon jy buite gaan rondstap want die
flitsbatterye hou nie en die dorp is myle ver – – –
Die vervloë rustieke lewe had ‘n skone
bekoring van sy eie waaroor ‘n mens
nostalgies en vol heimwee raak en
die versekering dat dat in tye van
teëspoed, Hy die dowwe lamppit
nie sal uitdoof nie (Jes42:3)
Janetta – Helena (Babs) ©
2 Kommentare
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Janetta, daar is darem net iets aan lamplig, veral paraffien lamplig en ook kerslig. Dit bly maar die mooiste lig wat daar is. Wat jy hier skryf is sooo waar. Ek het die vers geniet :-)