Jongste aktiwiteit:

Onbeplande Kind

Onbeplande Kind

Onbeplande Kind
jou bekkie lag,
maar jou hart bly leeg,
onbewustelik reeds sielsdood.

Jou bekkie lag
terwyl jy vergeefs om liefde pleit,
onbewustelik reeds sielsdood,
stu jy voort, ritmies soos jou hartklop.

Terwyl jy vergeefs om liefde pleit,
maar jou hart bly leeg,
stu jy voort, ritmies soos jou hartklop,
Onbeplande Kind.

Lynne Lexow 2018
• DIGVORM – Pantoen : Waar versreëls in daaropvolgende strofes volgens ‘n patroon herhaal word. ‘n Pantoen verg slegs 6 oorspronklike reels wat verdubbel en gerangskik word om oor 12 reëls te strek.
• Onbeplande Kind is doelbewus met hoofletters geskryf omdat die woorde in hierde gedig as naamwoorde gebruik word, nes Piet Pompies/Lynne Lexow ens.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed