Jongste aktiwiteit:

‘n Vrou van formaat

‘n Vrou van formaat

Dit is 25 Oktober 1908. Toe ek in my beste uitrusting by Mnr Smith se winkel aankom was daar reeds ‘n groepie mense voor die ingang vergader. My hart klop onstuimig en my hande sweet so effe. Ek verstel die gaas sluiertjie van my modieuse hoedjie so effe en stryk die wye romp van my rok plat, meer om my palms te droog as enige iets anders, trek my skouers en ruggraat reguit en peil op die groepie mense af. Terwyl ek so ongemerk moontlik deur die skare loer, herken ek vir James Kingsley, ons plaaslike koerant se redakteur/joernalis/fotograaf, in die skare. Hy het my ook raakgesien en voor ek kon wegkyk, lig hy sy kamera en neem ‘n foto. Die flits het my vir ‘n oomblik verblind, maar toe ek my oë knip en opkyk, sien ek dit waarvoor ek al die pad gekom het. Die splinternuwe Model T Ford staan glinsterend blink in die oop deure van Mnr Smith se pakhuis geparkeer.

Ten spyte van die opleiding wat ek vir die laaste twee weke ontvang het, was ek nogtans gespanne. Ek kon my net voorstel wat die mense sou sê, en wat James Kingsley in sy koerant sou skryf, as ek hier met horte en stote sou wegtrek.

Tyd vir staan en wonder was daar egter nie. Mnr Smith druk ‘n bos blomme in my arms en James Kingsley laat sy kamera aanhoudend flits. Die klein skarretjie gil en juig toe Mnr Smith my die motor inhelp. Vir ‘n oomblik kyk ek om my rond en trek my asem diep in. Ek ruik die hout van die blink nuwe instrumentpaneel en die leer van die rooi gekleurde leer sitplekke.

Toe haal ek diep asem, lê die bos blomme versigtig op die leë sitplek langs my neer, vroetel ewe belangrik ‘n bietjie hier en ‘n bietjie daar, verstel die spieëltjie en glimlag breed, en uiters verlig, toe ek, ons dorp se eerste vroulike bestuurder en motor eienaar, geruisloos wegtrek.

Ek loer in my tru-spieeltjie en merk dat James agter my in die middel van die straat staan en steeds fotos neem en ek glimlag so in my enigheid, want die mooie man weet nog nie wat ek alles vir hom beplan nie. Ek en my splinternuwe Model T Ford gaan nog baie avonture hê waaroor hy nog sal moet berig.

396 woorde

Lynne Lexow 2018




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed