Jongste aktiwiteit:

Jou voetspore bepaal – Intertekstualiteit

jy wat so graag filosoof wil wees
sonder ouderdom wat jou siniel sal vlek
wat manmoedig rond wil jol
sonder kettings of gebooie
waar jy op jou voorwaardes
vryhand wil bid en leef
met jou whiskey en koerant
salig met jou nakroos
vlegsels van vrede weef
wyl jou draadmandjies
weemoedig roep

so kyk jy dan mis
dat elke dag se seën
verskuild in afgekoude
potlode lê en
lewe warrel by jou verby
:lewenswysheid kom deur leef
van luierdae tot gryskopknik
met gedagtes en herinneringe
van voetspore –

deur jouself gestap

© Anzé Bezuidenhout

Met erkenning aan: Koos Kombuis (André Letoit) 

in en uit {1982}

as om my hele lewe lank stadig oud te word
agter ‘n lessenaar met ‘n afgekoude pen
en twee draadmandjies
wat weemoedig uitroep
:in en uit




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed