Jongste aktiwiteit:

Die rooi rok

Die Rooi Rok

Dis bykans ‘n jaar nadat Lianda van Ettiene moes afskeid neem na hy sy stryd teen kanker verloor het. Haar vriendinne sleep haar orals saam met hulle, maar sy neem net so halfhartig deel aan al die pret. Dit is vandag haar verjaarsdag en haar vriendinne dring daarop aan dat hulle die nuwe spogklub besoek.

“Daar speel ‘n live band vanaand!” sê Linda opgewonde.

“Ja, ek hoor die sanger is glo super aantreklik, maar hy stel nie in vrouens belang nie!” sê Riana spytig.

Die volgende dag daag Linda en Riana ongenooid om 19:00 by Lianda se woonstel op. Lianda kyk gootoog hoe hulle al haar rokke uit die kas pluk en op die bed rondstrooi. Albei snak na hul asems toe hulle die noupassende rooi rok met sy lae hals sien. Hy het ‘n spleet aan die kant. Hulle trek Lianda letterlik aan terwyl sy protesteer. Riana druk haar op ‘n stoel neer. Terwyl Linda haar grimeer, doen Riana haar hare.

Toe Lianda na haar spieelbeeld kyk raak sy self opgewonde. Sy dra die hangertjie wat Linda en Riana vir haar gegee het as verjaarsdags-geskenk.

Alles is perfek, die dekor, die musiek, die wyn. Haar oë rek groot toe sy die sanger sien. Morné is ‘n ou studente-vriend van haar! Hulle was in ‘n verhouding gewees, maar toe ontmoet sy vir Ettiene. Hy het haar ook opgemerk…

Terwyl hulle oë regoor die kamer sluit begin hy te sing:

“I,ve never seen you looking so lovely as you did tonight

I’ve never seen you shine so bright, mhhm, hm…

Lianda en Morné raak later die aand verlore in gesprek. Dit is al baie laat toe hy aanbied om saam met haar na haar woonstel te stap. Dit is slegs drie blokke van die klub af. Toe Morné van haar afskeid neem, neem hy haar in sy arms en soen haar teer… albei weet dat hulle die res van hul lewens saam wil wees.

© Elize Ehlers




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak