Die prys van liefde
Die prys van liefde Sunè hou Madelein met bewondering dop. Dis alreeds elfuur; Madelein se skof is lankal verby, maar sy is nog steeds besig om na pasiente om te sien wat in ‘n tragiese treinongeluk was. Sy het die grootste eerbied en respek vir hierdie dokter wat krisistye met soveel gemak kan hanteer. In […]
Afrikaans, Stryd ten bloede
Afrikaans, Stryd ten bloede! 1700 Hendrik Biebouw, gebore en getoë in Suid-Afrika, is 17 jaar oud. Grootgebou met donkerbruin hare, ‘n boer in murg en been – hy lyk glad nie soos sy Hollandse voorouers nie. Hardkoppig en altyd die belhamel. Op 6 Maart 1707, in Stellenbosch, hang hy en sy drie maters nuuskierig rond […]
In die land van Linkshandigheid, is Leonardo Koning
Kan ons die man verstaan wat die heelal probeer verstaan het? Wie se gedagtegang die tegnologie met honderde jare vooruit was? Leonardo se spieëlskrif tydens die Renaissance: Ek eet nie diere nie, ek bestudeer hulle: ‘elluh reebutsed ke, ein ereib ein tee kE’. Boekkennis is tydelik, maar ewigheidservaring spruit uit waarneming, eksperimentering, kyk en luister. […]
linksdominant…’n terloopse mymering (Goud)
my linkshandigheid was volbring, lank voor geboorte maar Juffrou was op die …gebruik jou sterk handjie!…-missie en terwyl ek potlood-kwas-kryt angstig in my lomp regterhand probeer akkommodeer het my sterk handjie slap in my skoot gelê… © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
abstrak (Goud)
blameer tog nie my linkerhand-kwashale wanneer lyne onharmonieus kartel en kwyl en krul op my skilderdoek nie linkerhand…regterhand handvoorkeur maak nie die kunstenaar nie daarom is my abstrakte kuns binne bestek met dalk net so biétjie chaos, plek-plek! © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Vrees se vinger
Kelheim-distrik Suidelike Duitsland – 1570 Buite die stadsmure, aan die rand van ‘n veld, huil ‘n gure wind om die hoeke van die klein huisie. Dörte doop haar gansveerpen kort-kort in ‘n houertjie swart ink. In die dowwe lig van die vuurherd skryf sy stadig, maar deeglik. Haar regterhand klad die nat ink gereeld met […]
LINKSHANDIG (Goud)
LINKSHANDIG EK is links ek hou skêr ek knip reguit ek droom groot linkshandig is anders ek speel kitaar linkerhand anders in regterhanddomein leef en speel anderse manier vervuld regterhanddomein in anders linkerhand kitaar speel ek anders is linkshandig groot droom ek reguit knip ek skêr hou ek links is EK ©MarleneErasmus 27/08/2025
respektabele
waardigheid kom nie saam met groot lawaai nie indrukwekkende persoonlikhede is dikwels baie stil om gerespekteerd deur lewe te gaan moet jy respekteer indrukwekkende eerbiedwaardige staatsmanne word onthou in volksmond kan dit beskryf word as: “ek hou van ‘n man wat sy man kan staan, ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan […]
Passiespel
Passiespel Hierdie is nie die gewone tradisionele storie rondom Paasfees nie. Dit is die wedervaringe van ‘n skriba wat oor baie jare strek. Daar is ‘n kerk wat elke jaar ‘n opvoering aanbied. Dit is ‘n glansryke dog stigtelike geleentheid wat met verskeie opvoerings oor paasnaweek plaasvind. Die tegniese span wat verantwoordelik is vir die […]